Maps and aerial photos/Kaarte en Lugfotos
Mens kan sattelietfotos van Stellenbosch op www. Stellenbosch.GIS sien, maar die skaal is te klein om werkilk iets wys te word.
Daar is op die oomblik 5 stroke wat in die visier van die ontwikkelaars is:
- Kylemore, Pniel en Johannesdal ( Languedoc is reeds daar, 'm ompad word om Pniel gebou, teen die berg, en daar is 'n luukse ontwikkeling langs Pniel, tennoor Boschendal, waar nog luukse ontwikkelings beoog word wat enige kans op verklaring tot Wereld Erfenis gebied, kelder);
- Devon Vallei ( beide kante van die berg, maar veral die Bottelary pad));
- die R44 , vanaf Welgevonden tot Klapmuts (die Anura ontwikkeling - waarby Alan Boesak betrokke is), Brandwacht plaas en Paradyskloof gholfbaan, aansoek om sluiting van paaie in Die Boord, tot Somerset - Wes ( massa behuisingsontwikkeling in Jamestown);
- Bonniemile/Polkadraai (Longlands);
- Lynedoch/Vlottenburg.
Lugfotos van hierdie gebiede sal binnekort op die werf geplaas word. Enigiemand wat hiermee kan help moet asb. per epos skakel deur die "Contact us" skakel bo - aan hierdie webwerf.